Quantcast
Channel: Kommentaar op: Die ridders

Deur: Herman Lategan

$
0
0

Crito, jy oorskat jouself heeltemal. Resensente skryf nie resensies vir jou om jou aandag te trek en te hou nie. Hulle skryf vir die lesers, wat in die geval van die twee boekeblaaie in die koerante gemik is op ʼn wye gehoor.
Jy noem ook nooit die uitstekende resensies wat Willie Burger gereeld in Vrouekeur skryf nie, seker omdat ʼn publikasie soos daardie te gering geskat word deur ʼn intellektuele reus soos jy. Hy skryf meestal besprekings oor boeke, maar gereeld ook resensies, vier keer ʼn maand.
Jou opinie oor resensente is gereeld pedanties, wysneusig en selfingenome. Soos ek al voorheen gesê het: Up your game or stop (metaphorically) wasting your time blow-drying that 1960’s bouffant of yours.


Deur: crito

$
0
0

Ek hoop jy voel nou beter, mnr Lategan.

Ek lees Vrouekeur, en geniet die artikels wat Willie Burger skryf. Wanneer hy nuwe publikasies resenseer, sal ek dit noem.

Miskien het dit tyd geword vir jou om agter Crito se spreekwoordelike tikmasjien in te skuif, mnr Lategan. Dan kan Sandra Pretorius jou ook Kerneels noem, en kan jy voel hoe lekker dit is om uit die vreemde pedanties, wysneusig en selfingenome te wees terwyl jy agter ‘n skuilnaam grinnik. Of skryf jy om den brode?





Latest Images